Yolande Brittnell Steyn

Yolande Brittnell Steyn

Blogger

Yolande het onopgesmuk en sorgvry in die Karoo groot geword. Sy glo dat hierdie stuk aarde haar geleer leef en leer skryf het. Reeds op ‘n brose ouderdom van 18 het Yolande ‘n rugsak gepak en solo die wêreld op haar eie gaan bekyk. Met haar terugkeer het haar natuurlike flair vir mense haar geneem in ‘n bemarkings rigting. Soms spoeg die Karoo jou uit op ‘n heel ander plek, vir ‘n rukkie. Sy woon al die afgelope twaalf jaar saam haar twee seuns, York en Rhee en haar dogter Maya-Belle in die hartjie van die mooie Paarl. Met haar skrywes het die lesers ook lief geraak vir Mnr Thomas, die kat. Fiela, die appro-hondjie en Dex, die SPCA prins, die jongste toevoeging tot haar kleurvolle en interessante huis. Sy is voltyds betrokke by Verkope en Bemarking in die Boland.


Reeds in 2011 het sy haar debuut gemaak met haar eerste teaterproduksie, Bloed. Bloed vertel die storie van ‘n diep emosionele reis wat die versorger beleef langs ‘n lief-hê mens se kanker bed. Die teaterstuk was deel van 12 inskryfwings vir die 2011 Ashanti Smeltkroes prys by Aardklop. Bloed was in dieselfde jaar ook te sien by die Stellenbosch Woordfees.


Haar blog is ‘n natuurlike uitvloeisel uit haar skrywers pen. Skryf is vir Yolande ‘n ideale kreatiewe uitlaatklep terwyl sy dit meesterlik regkry om die gevoel te skep dat jy iewers saam haar met ‘n koppie koffie sit en gesels.


Maart 2020 het haar debuut Bundel die lig gesien.


Sy skryf eerlik. Haar skryfstyl is sonder ompaaie. Sy skryf wat haar hart raak. Haar fyn waarnemingsin en hoe sy met woorde toor bly jou lank by lank nadat jy klaar gelees het.


Haar blog is ‘n gewilde virtuele kuierplek om haar virtuele kombuistafel.

SIT AAN DIE KETEL BLOG
Share by: