Arika Bothma


ARIKA BOTHMA

EQ4Kids - Krugersdorp

Ek is mamma van twee oulike dogtertjies. Mamma wees het my geleer om baie tyd op my knieë deur te bring, met my arms oop vir drukkies en liefde gee, my oë oop vir raaksien wat nie gesê word nie, en my hand in God s’n, want sonder Hom is ek en kan ek niks vermag nie. Na 12 jaar in personeelbestuur het ek besef hoe groot behoefte daar is aan die ontwikkeling van emosionele intelligensie. Ek het ook besef dat ons kinders vandag in ‘n baie “ander” wêreld as in die verlede groot word, waar daar van hulle verwag word om baie gouer groter en belangriker besluite te neem, as dit wat ooit in ons tyd nodig was. Dit was vir my duidelik dat emosionele intelligensie ontwikkeling vir kinders absoluut ononderhandelbaar is. Elke kind is uniek en volmaak geskape volgens God se raadsplan – dit is vir my ‘n roeping om dit te help ontwikkel.
Share by: