EQ School

Ewe Oulik Kleuterskool

'n EQ4kids inisiatief

Ewe Oulike Kleuterskool, in samewerking met EQ4Kids, werk daagliks met u kleuter vanuit ‘n Emosionele Intelligensie Ontwikkelingsprogram.

Hierdie program is uniek en eie aan Ewe Oulike Kleuterskool. Kleuters word bemagtig en aangemoedig om aktiwiteite op ‘n emosionele intelligente manier uit te voer.



Die ideaal waarna ons strewe, is dat kleuters sal klem lê op die hantering, regulering en uitdruk van hulle emosies, in alles wat hulle aanpak.

Ewe Oulike Kleuterskool laat kleuters speel-speel in ‘n veilige, liefdevolle omgewing ontwikkel. Ons veilige ruimte laat elke kleuter spesiaal en oulik voel, afgesien van ouderdom, ontwikkelingsvlak of temperament-samestelling.

Volg ons op Facebook

Ons Visie



  • Om elke kleuter uniek, spesiaal en ewe oulik te laat voel.
  • Om elke kleuter speel-speel te laat ontwikkel in ‘n veilige, liefdevolle omgee omgewing.
  • Om emosionele intelligensie ontwikkeling te vestig en te versterk vanaf ‘n vroeë ouderdom.



Ons Misie



  • Ewe Oulik Kleuterskool onderneem om in Afrikaans ‘n opvoedkundige sowel as emosionele ontwikkelings program vanuit ‘n Christelike geloof, normes en waardes aan die kleuters te bied.
  • Ewe Oulik Kleuterskool is daarop gemik om vir elke kleuter ‘n huis weg van die huis te bied waar hul emosioneel, fisies, sosiaal en kognitief optimaal kan ontwikkel.

Louise Oberholzer

B.Ed Voorskool & Grondslagfase

Louise Oberholzer, mamma van drie pragtige, bedrywige seuns asook vrou van my ongelooflike man Petri.


Ek is reeds 14 jaar in die onderwys. Ek is ‘n toegewyde juffrou met ‘n natuurlike gawe om elke kleuter aan te raak en ‘n liefde vir leer te kweek.


Ek is ‘n kreatiewe, energieke en geduldige persoon. Ek streef daarna om kleuters emosioneel, intellektueel sowel as sosiaal te bemagtig sodat hul met die nodige selfvertroue die volgende fase kan betree.



Ek glo dat grootword nie ‘n resies is om te sien hoe vining ‘n kind kan lees,skryf en tel nie.

Grootword is ‘n kort venstertydperk om te leer en te ontwikkel teen die pas van elke unieke individuele kind.

Share by: