Elsabe Naude


Elsabé Naudé

EQ4Kids - Bloemfontein

As ‘n onderwyseres besef ek hoe groot rol emosionele intelligensie speel in die alledaagse lewe.


EQ4Kids het oor my pad gekom toe dit aangebied was as deel van die kurrikulum by my vorige skool in Bethlehem en ek kon eerstehands ervaar hoe groot verskil hierdie fantastiese program op my Gr.1’s gehad het.


Afgesien dat hulle elke week baie opgewonde was oor die klasse en dit terdeë geniet het, het hulle my verstom met hoe hulle emosies kon identifiseer in hulself asook in ander maats en selfs ook in juffrou. Hulle het ook presies geweet hoe om dit te reguleer en om maats te help wat daarmee sukkel.


Dit is so belangrike deel van ons kinders se ontwikkeling, dit kan help om spanning beter te bestuur, beter te kommunikeer, empatie te toon, uitdagings te oorkom en konflik te ontlont.


Ek is baie opgewonde om dit nou ook te kan doen in Bloemfontein.


Dit is vir my so lekker as die ouers ook so opgewonde raak oor die program en klaar terugvoering gee oor die verskil wat EQ4KIDS in hul lewens maak.


Dit is my passie om met kinders te werk en ek is dankbaar om deel te wees van hierdie program om emosionele intelligensie te ontwikkel!

Share by: