Marlize Scheepers


MARLIZE SCHEEPERS

EQ4Kids - Elephant Coast

Piet Retief, Pongola, Vryheid & Richards Bay
My naam is Marlize Scheepers. My passie is mense, meer spesifiek klein mensies, ons kinders… Dit is my opregte hartsbegeerte om kindertjies te help, om hulle te bemagtig met die regte toerustings om hierdie pragtige lewe van ons voluit met passie, waagmoed, selfvertroue, empatie en trots in oorgawe te lewe. Om die uitdagings, hartseer en teleurstellings met grasie te kan oorkom en sterker aan die anderkant uit te kom.

Ek het op skool ‘n fliek gekyk wat oor tieners met uitdagings gegaan het, die “rebelse” tieners is gestraf met metodes wat absoluut teen my menswees ingedruis het. Dit was toe dat ek besluit het, ek gaan ‘n verskil maak. Ek gaan die hele sisteem wat met kinders werk verander! Ek het sielkunde gaan studeer.

Ek is lief vir die lewe en my begeerte is om elke kind te help om die mooi in die lewe te kan raaksien en om die mooi te WIL raaksien eerder as die sleg. Elkeen te laat glo dat hy of sy op hierdie aarde is vir iets besonders en spesiaal...

Ek is baie geel en partykeer ‘n totale dagdromer en ander kere onkeerbaar besig, maar ek is lief vir my God, my man, my kinders en vir my mense. En ek probeer elke dag my Godgegewe talente om met mense te kan werk uit te leef.

EQ4Kids het soveel deure oop gemaak om hierdie passie uit te leef en drome te laat waar word.

TOGETHER WE WILL CHANGE THE WORLD FOR OUR CHILDREN.
God het gesê laat die kindertjies na my toe kom.
Share by: