Aldinè Venter

EQ4Kids - Northern Free State

Ek is 'n passievolle vrou met 'n groot liefde vir kinders. My hart is om kinders te help om hul emosies te verstaan, gesonde keuses te maak en hul unieke identiteit met oortuiging te omhels. My betrokkenheid by EQ4Kids is vir my meer as net 'n beroep, ek sien dit as 'n bedieningsveld.


Dit is 'n geleentheid om in die lewens van kinders te belê, hulle te bemoedig en saam met hulle te groei terwyl hulle die uitdagings van die lewe leer navigeer. Ek glo dat elke kind met ‘n doel geskape is en oor unieke gawes beskik wat ontdek en ontwikkel moet word.


My grootste vreugde is om te sien hoe 'n kind begin glo in wie hy of sy is, emosioneel sterker word en met moed en sekerheid die wêreld tegemoet stap. My missie is eenvoudig: om kinders toe te rus met die emosionele vaardighede wat hulle nodig het om nie net te oorleef nie, maar werklik te floreer.