Amelia Hill


AMELIA HILL

EQ4Kids - Bethlehem

Don’t let the passion of your emotions lead you to sin. Eph 4:26 TPT

Ek het al van ‘n jong ouderdom af ‘n passie gehad om met kinders te werk en so my loopbaan voortgesit as onderwyseres. Ek het gespesialiseer in leerders met spesiale behoeftes en streef steeds daarna om elke kind se volle potensiaal te bereik. 

As ‘n mamma van 3 besef ek net daagliks die impak van my kinders se emosies op hulle welstand. Emosionele intelligensie speel ‘n sentrale rol in die leerproses, besluitneming, kreatiwiteit, verhoudings en gesondheid van elke persoon. Dit beïnvloed dus die kind se totale ontwikkeling. 

EQ4kids is ‘n ongelooflike program wat elke kind en ouer die geleentheid gee om sy emosies te verstaan, sodoende reg op tree en so sukses te bereik. Ons poog om die hart met die brein te verbind. Daar is soveel uitdagings wat ‘n kind se ontwikkeling kan belemmer soos afknouery, lae selfbeeld, swak motivering, groepsdruk en die onvermoë om sy/haar eie emosies te verstaan, maar hierdie probleme kan opgelos word deur emosioneel intelligent op te tree.
Share by: