Anneline Du Preez


Anneline Du Preez

EQ4Kids - eMalahleni & Middelburg

Ek is Anneline Du Preez van Witbank. Ek was 9 jaar bestuurderes by Creative Talents ‘n kunswinkel en het ook kuns klasse gegee. Ek het ook vir 12 jaar my eie besigheid gehad.


EK HOU DAARVAN OM VAN NIKS IETS TE MAAK.


Ek hou van die rustigheid van die natuur ,kamp en boeklees. My droom was nog altyd om ‘n verskil te kan maak in die lewens van kinders. 


Ek het in 2019 begin as ‘n aflos by EQ4Kids Witbank en het dit baie geniet. Ek het hierna voltyds begin werk by EQ4Kids en so was my droom gebore en my gebede beantwoord deurdat ek my passie kon uitleef. Vanaf 2021 word ek geseën om my eie EQ4kids MidWit (Middelburg en Witbank) tak te kan besit.


Dit maak my opgewonde om te kan hoor en sien wat ‘n verskil die EQ4KIDS program in die lewens van ons kinders maak.


ONS IS GEMAAK OM ‘N VERSKIL TE MAAK.

Share by: