Jeanni Marx


Jeanni Marx

EQ4Kids - Centurion

Ek is Jeanni Marx, franchise-houer van Centurion.


Vir my was dit nog altyd ‘n uitgemaakte saak om ‘n onderwyseres te word aangesien onderwys en opvoeding diep in my familie se are loop. Dit was dus ‘n logiese keuse dat ek onderwys sou studeer, en het my onderwysgraad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. My hart klop warm vir die kleinspan en gedurende my agt jaar onderwys ervaring moes ek menigmaal ervaar dat die klein mensies nie die mas opkom met die eise wat die wêreld aan hulle stel nie.


EQ4Kids is hier die antwoord. Dit is ‘n Emosionele intelligensie ontwikkelingsprogram waarby alle kinders kan baat. Hierdie program help kinders met die ontwikkeling van lewensvaardighede en die hantering van emosies. Dit is vaardighede wat hulle lewenslank moet kan toepas. Nie net baat kinders uit ons EQ4Kids program nie, maar ook elke ouer aangesien ouers toegerus word om hul kinders se unieke temperamente beter te verstaan en te bestuur.


Education is the passport to the future, for tomorrow belongs to those who prepare for it today

-Malcolm

Share by: