Marli Du Plessis

Rustenburg – North West

Ek is Marli, ‘n passievolle lewens afrigter met ‘n agtergrond in Finansiële- en Forensiese Rekenmeesterskap. My lewenservaring het my geleer dat emosionele intelligensie mense help om uitdagings te oorkom en hul volle potensiaal te bereik.


As NLP-lewens afrigter ondersteun ek volwassenes om balans te vind tussen hul verantwoordelikhede en persoonlike groei. My ware passie lê egter in die bemagtiging van kinders, vanaf drie jaar, om emosionele intelligensie as hul “superkrag” te gebruik.



As mamma van twee, gebruik ek praktiese strategieë soos "Block en Bless" om kinders te help om selfvertroue te bou en negatiewe invloede te hanteer. Dit het my eie seun gehelp om sy selfbeeld te transformeer en sy identiteit te omarm.


My missie is om kinders toe te rus om hul emosies te bestuur, leiers in hul omgewing te wees, en by te dra tot ‘n gesonder samelewing. Ek glo daaraan om elke persoon beter agter te laat as waar ek hulle gevind het.


Gunsteling aanhaling:
"Change your thoughts, and you can change your world." – Norman Vincent Peale