MIZANNE VAN DER BERG

EQ4Kids - Pretoria East 

As ‘n Mamma van twee en grondslagfase onderwyseres is dit absoluut my passie in die lewe om klein lyfies te help om groot emosies te identifiseer, reguleer en bemeester.  Deur kinders toe te rus met die nodige vaardighede, planne en idees kan hul ten einde hul volle potensiaal bereik. 


Met vandag se besige skedules van ouers en ekstrakurukelere aktiwiteite na skool vir kinders, staan ons as ouers met die vraag voor ons: “Hoe maak ek nou?”, “Waar gaan ek tyd kry?”, Ëk kort leiding?”.

EQ4Kids is absoluut die antwoord op hierdie vrae.  Nie net berei dit ons kinders voor om stresvolle situasies te kan hanteer nie, maar dit gee ons as ouers gemoedsrus en ook leiding oor hoe om tuis ons kinders te ondersteun na ’n besige dag. En so hulle te help om elke uitdaging met gemak en selfvertroue aan te pak.


Neem vandag die vrymoedige besluit om jou kind toe te rus, met hulp van my en jy as ouer saam, deur die kompas van verstaan, analiseer en toepassing, vir ‘n blink toekoms!


“True emotional intelligence is realizing that happiness is an inside job – it’s not about controlling the world around you but mastering your inner state.” – Unknown author.