Franchisee
Zanelle Van Der Berg
EQ4Kids - Pongola & Vryheid
My naam is Zanelle Van Der Berg, en my grootste passie is kinders. Van kleins af het ek geweet dat ek 'n verskil in jong lewens wil maak. Vandag is ek die trotse eienaar van Little Kingdom Pre-School, waar ek elke dag daarna streef om 'n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing vir elke kind te skep.
Ek glo dat elke kind uniek is en die geleentheid verdien om sy of haar volle potensiaal te bereik. Daarom is ek voortdurend op soek na nuwe maniere om kinders nie net akademies nie, maar ook emosioneel en sosiaal te ontwikkel. My hart lê daarin om kinders te help groei tot selfversekerde, gelukkige en veerkragtige individue.
Die EQ4Kids-program het my dadelik geïnspireer omdat dit perfek aansluit by my visie vir kinderontwikkeling. Ek glo dat emosionele intelligensie een van die belangrikste boustene vir 'n kind se toekoms is. Deur hierdie program kan ek nog 'n groter en meer betekenisvolle verskil in kinders se lewens maak deur hulle toe te rus met die vaardighede om hul emosies te verstaan, gesonde verhoudings te bou en uitdagings met selfvertroue aan te pak.
My droom is om elke kind wat deur my deure stap, te help glo in hulself, hul waarde te ontdek en met vreugde te leer. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid het om nie net 'n skool te bestuur nie, maar ook om 'n positiewe invloed op kinders, hul families en ons gemeenskap te hê. Vir my is dit nie net 'n beroep nie - dit is my roeping en my hart.


