Groepsdruk

Kinders van alle ouderdomme ervaar groepsdruk. Meeste mense dink groepsdruk is altyd ‘n slegte ding veral as ons dink in terme van groepsdruk met betrekking to alkohol misbruik, rook ensovoorts. Maar sommige vorme van groepsdruk kan goed wees. Veral wanneer ‘n ander kind jou kind druk tot iets beter of om hul potensiaal te gebruik. Dit is juis waarom dit so belangrik is om ons kinders te help onderskei tussen goeie en slegte of positiewe en negatiewe vriendskappe. Dit is wat werklik saak maak want die regte vriende sal jou ook soms bietjie druk. Die verskil is egter dat hulle jou sal druk in terme van positiewe dinge.
Daar is baie maniere waardeur ons kinders kan leer om groepsdruk te hanteer. Dit is egter belangrik dat ons so vroeg as moontlik moet begin. ‘n Goeie plek om te begin is om jou kind te help onderskei tussen goeie en slegte maats. Ons kan ook ons kinders help om vooraf te dink wat hulle moontlik kan sê wanneer iemand hulle forseer om iets te doen. Help hulle om hierdie woorde te oefen en gereed en voorbereid te wees vir wanneer dit eendag gebeur. Soos ons kinders ouer word, kan ons ook vir hulle leer om ‘n kode woord vir ons as ouers te sê of per sms te stuur wanneer hulle hulself in ‘n baie moeilike situasie bevind en moontlik ons as ouer se hulp nodig het.
Onthou om jou waardes met jou kind te deel. Dit is belangrik dat ons kinders weet hoe ons voel oor goed soos diefstal, alkohol misbruik ensv. Ons as ouers stel altyd die voorbeeld wat die maklikste gaan wees vir ons kinders om te volg. Wanneer ons ‘n goeie waarde sisteem in ons kinders vestig maak dit die kanse op groepsdruk reeds baie minder. Waarde ontwikkeling sluit in dat ons beperkings plaas op dit wat ons kinders op telivisie na kyk, op die internet soek en ook in terme van die musiek waarna hulle luister.
Daar mag dalk ‘n geleentheid wees waar jou kind ingee tot groepsdruk, jy as ouer moet vandag al besluit dat jy hulle wel gaan dissiplineer MAAR dat jy ook dit sal sien as ‘n leer en groei geleentheid en jou kind sal help om daaruit te leer op ‘n positiewe manier. Soms leer ons, ons grootste lesse uit ons grootste foute.
Share Post
Complete the following form if you require more info about EQ4kids or want to enroll your child at your nearest Franchise.
Blog Enquiry








