Karlette Mostert
EQ4Kids Klerksdorp
Ek is Karlette, die vrou van 'n wonderlike man en mamma van drie baie besige kinders,maar hulle is ook my hart se punte!
Kinders is my grootste passie en ek geniet dit om te sien hoe elke kind op sy of haar eie unieke manier ontwikkel, groei en hul potensiaal bereik. Deur my eie ervaring as ouer besef ek daagliks watter groot invloed emosionele ontwikkeling op 'n kind se welstand, selfvertroue en toekomstige sukses het.
Ek wens ek het reeds baie vroeër met my eie kinders die reis met EQ4Kids begin. Daarom is ek opgewonde oor die geleentheid om deel te wees van die verskil wat hierdie program in die lewens van kinders en hul ouers maak. Dit is vir my 'n voorreg om gesinne te ondersteun en kinders toe te rus met die emosionele vaardighede wat hulle nodig het om te floreer.


