Lienkie Lamprecht

EQ4Kids - Stellenbosch

’n Kind is God se kosbaarste en waardevolste geskenk aan ons. Juis daarom is dit vir my die grootste voorreg om al vir meer as 10 jaar met kinderhartjies te kan werk. 


Daar is soveel wat ons tot ’n kind se lewe kan bydra, waarvan emosionele intelligensie so ’n belangrike aspek is. My hart is oop vir elke kind wat oor my pad kom. Hulle bring die grootste vreugde in ’n wêreld waar dit so nodig is. Elke kind verdien onvoorwaardelike liefde, versorging en leiding. Juis daarom is dit my passie om met kinders te werk en ’n verskil te maak in elke kind se lewe wat oor my pad kom.


Wees deel van my ongelooflike reis by EQ4Kids om jou kind te verryk en toe te rus met soveel waardevolle lewenslesse en vaardighede.


Ek is Lienkie Lamprecht – vrou, mamma en grondslagfase-opvoeder met ’n passie vir kinders en hul ontwikkeling. Maak gerus kontak met my en ontdek die verskil wat emosionele intelligensie kan maak.