'n Brief van 'n Opvoedkundige Sielkundige + Speletjie
Theresa van den Berg • April 2, 2020

Liewe ouers
Hierdie is sommer ‘n geselsbrief, ‘n idees deel- ouers brief en ‘n speletjie vir ‘n ouer en kind.
Dit wat ons nou beleef is nuut en onseker en hierdie onsekerheid by kinders lei na nuwe vrae, vrees, angstigheid en dikwels ook paniek. Om ingeperk te wees in ‘n huis waar roetines omvergegooi is deur skoolsluiting, ouers wat nie by die werk is nie en kosaankope waarvoor beplan moet word, bring vrae soos “wat as” “hoekom “ “gaan dit verbygaan ” “tot wanneer “en “gaan ons siek word na vore?
Ouers voel angstig want selfs ons kan nie al die vrae antwoord nie en kinders voel die onsekerheid en angstigheid van hul ouers aan.
Maar hoe bly ‘n mens dan kalm en veerkragtig in ‘n tyd waar jy as volwasse self wonder of jy vir jou gesin en mense wat in jou huis werk, finansieël gaan kan dra, of jy jou werk gaan behou, en of jy jou kind sal kan help om sy skoolwerk op datum te hou?
Die ou bekende woorde van, ons kan net beheer, wat ons kan beheer, is egter nou so belangrik. Wanneer ons onder baie druk en stres is, is die emosionele deel van ons brein geneig om te wil beheer en sukkel ons om staande te bly en rasioneel te bly dink.
Hoe ons die situasie om ons gaan interpreteer word bepaal deur die hoeveelheid druk of angstigheid wat ons emosioneel en fisies ervaar. Te veelstres kan ons angstig laat voel, ons slaappatrone aantas en selfs lei tot depressie. Daar word ook gesê dat te veel stres tot swakker immuniteit kan lei, jou geheue aantas en self jou bloeddruk laat styg. Verder mag jy dalk minder geduld toon, vinniger kwaad word of impulsief reageer.
Ons is ook meer angstig omdat ons gebombardeer word met nuwe inligting oor ‘n nuwe onbekende virus, waarvoor daar nog geen oplossing is nie. Mites en onwaarhede maak ons nog meer onseker en daarby word ons ook toegegooi onder nuwe reëls van wat ons mag en nie mag doen nie.
Ons is onseker as ons hoor hoe mense gestraf kan word wat reëls oortree, of selfs siek kan word as hulle nie goeie higiëniese gewoontes nakom nie. Gesprekke hieroor word in die huis gevoer en veral jonger kinders wat nie alles verstaan nie, voel dan makliker angstig en onseker, en daarom sukkel hul meer met emosionele regulering van hul gedrag.
Kinders hoor en luister na dit wat ouers oor gesels. Hulle hoor dat getalle elke dag toeneem en dat daar mense is wat doodgaan. Hulle raak dan self angstig en selfs bekommerd en bang dat hulle, of iemand naby hul sal siek word en doodgaan of dat hulle in afsondering en kwarantyn geplaas kan word sonder hul ouers.
Wat is dan belangrik?
Maak seker dat ‘n mens die regte inligting en feite oor die virus het en weet wat die simptome is, bv. COVID-19 ’n respiratoriese infeksie met ‘n droë hoes, seer keel, koors en moontlike asemhalingsnood.
Volg ‘n meer analitiese benadering deur selektief te wees met inligting wat jy ontvang. Wanneer ‘n mens akkurate inligting met ander, ook jou kinders deel, help dit mense om minder in vrees te lewe.
Vrees, onsekerhede en angs, rakende ‘n siekte, kan emosioneel oorweldigend vir volwassenes en kinders wees. Vrees maak ook dat mense meer oop is vir vals inligting en alhoewel angs en vrees ook ‘n beskermingsmeganisme is, moet dit nie oorgaan van “helpful” na “harmful” nie.
Onsekerheid in die vreemde tyd mag kinders huilerig maak en hul slaappatrone versteur. Ander word dalk wakker in die nag of kry nagmerries. Verkeerde eetgewoontes word in die tyd vasgelê want sommiges is emosionele eters. Broers en susters baklei, tree impulsief op en ouers voel magteloos.
So wat kan ons dan beheer? Hoe kan ons, ons kinders veiliger laat voel in die tyd;
Beheer die roetine in jou huis en sorg daarmee saam vir genoeg vrye tyd waar kinders spontaan kan speel en sommer net “wees”,
Gee vir elke gesinslid ‘n verantwoordelikheid om na te kom en maak jou kinders deel van daaglikse take wat jul saam kan aanpak.
Maak seker dat veral jou hoërskoolkind sy verantwoordelikheid teenoor sy skoolwerk nakom. Dit is nie nou die tyd om uit te stel nie. Verantwoordelike tieners word verantwoordelike volwassenes en landsburgers. Onthou dat kinders van data gaan gebruik maak en maak seker dat jou kind aanlyn kan inskakel by sy skoolwerk.
Kinders hoef nie verveeld te wees nie en daarom is dit is belangrik dat kinders leer om hulself te kan besig hou. Netsoos ons ook tyd wil maak om as gesin saam dinge aan te pak, is dit netso belangrik dat elkeen ook onafhanklik van die ander in die gesin moet kan funksioneer. Maak dus tyd vir “selfdoen.” Wanneer ‘n kind ook weet dat daar ‘n bepaalde doel is met afsondering is dit ook makliker om verveling te oorkom.
Wees geduldig met meer “skermtyd”,maar maak seker dat jou kind ook fisiese aktiwiteite aanpak. Moenie vergeet om seker te maak dat jou kind “veilig” aanlyn is nie.
Baie ouers gaan van die huis af steeds hul werk verrig en jou kind moet weet wat jy van hom verwag in die tyd. Dalk kan julle ‘n gesamentlike werkroetine skep sodat dit stil is wanneer jy wil werk.
Maak tyd vir aktiwiteite wat ontspannend en lekker is. Bak en brou en maak saam kos. Om in die kombuis saam te werfskaf gee geleentheid vir gesels en binding met ons kinders. Kosmaak kan pret wees en veral kleiner kinders kan speel hulle is die gasheer van ‘n TV- kosproduksie of deesdae se gewilde Masterchef. Kosmaak is ook ‘n “hier en nou” ‘n “mindful”, bewustelike proses wat kan help om ons meer ontspanne te maak.
Vir jonger kinders kan hindernisbane in die huis of buite gebou word. Wat is lekkerder as huis- huis speel met komberse en lappe onder die eetkamertafel? Miskien is dit juis tyd dat die innerlike kindwees in ons weer na vore kom as ons hierdie tyd gebruik om nie net bordspeletjies, maar ook kreatiewe en verbeeldingspeletjies met ons kinders te speel. Verbeelding en kreatiwiteit kan ons eie stres minder maak.
Ons kan nie alles kontroleer wat ons kinders oor die impak van Covid-19 by hulle vriende hoor of op die media lees nie. Nie alle nuus is waar nie en daarom is dit belangrik dat ons met hulle bespreek wat hulle gehoor het, sonder om, vir kleiner kinders, oormatige detail te gee wat hulle net kan ontstel. Bespreek basiese feite en higiëne en wys op julle positiewe hantering van situasies, ook hoe jul as gesin beheer neem. Onthou om verduidelikings en feite vir veral jonger kinders konkreet en eenvoudig te maak. Moenie onnodige inligting gee wat hul nie kan verstaan en voor gevra het nie.
Die tyd is ‘n geleentheid om ons kinders se probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel . Waardeer hul perspektief van dinge en weet dat elke donker wolk ‘n silwer randjie het. Deur vir ons kinders te leer hoe om probleme en moeilike situasies te hanteer en oplossings binne hul beheer te vind, leer ons hulle om onafhanklik van ons te raak. Hulle besef dat negatiewe ervarings en mislukking deel van normale lewenswyses is. Wanneer mense leer om stresvolle situasies te kan beheer, maak dit nie net gesinne sterker nie maar ook die gemeenskap waarbinne ons leef.
Lag saam met jou kinders. Probeer negatiewe gedagtes met positiewe gedagtes vervang. Spreek liefde en seën oor jou gesin toe. Belê in jou kinders se welsyn en geestesgesondheid deur elke dag iets positief saam met hulle te doen.
Moedig kinders aan om fantasie-speletjies te speel aangesien dit kreatiwiteit bevorder. Gebruik die tyd saam om kreatiewe idees tot uitvoer te bring. Kreatiwiteit sluit in vernuwing/ontdekking/skeppend/“iets” wat uit “niks” na vore gebring word/Verandering/oorspronklikheid /moontlikhede/vervulling/bevredigende ervaring/sukses.
Ek heg daarom vir jul as gesin ‘n speletjie aan wat ek sommer saamgestel het om te kan druk. Jy het ‘n dobbelsteen, ‘n papier en merkers vir elke persoon nodig. Die speletjie kan kreatiewe denke aanwakker, help met probleemoplossing, humor ontlok en geleentheid vir die oopstelling van self en emosies bevorder. Dit is ook nie net vir jonger kinders nie, glo my, as ek so gereeld saam met die kinders in praktyk speel, leer ek baie keer van myself en reflekteer ek dikwels oor “hoekom”ek so en so doen, dink en antwoord. Lekker speel, maak die kind in jou wakker en sien sommer hoe ‘n mens begin ontspan.
Share Post
Complete the following form if you require more info about EQ4kids or want to enroll your child at your nearest Franchise.
Blog Enquiry

Fear is a natural and universal emotion that everyone experiences at some point. For children, fear can stem from a variety of sources—whether it’s the fear of the dark, separation from parents, new social situations, or fears of failure. While fear is a protective emotion designed to keep us safe, when it becomes overwhelming or persistent, it can hinder a child’s emotional growth and daily functioning. Teaching children how to manage and cope with fear through emotional intelligence (EQ) can help them face challenges confidently and build resilience in the process.

Intelligence for a Healthier Response
Aggression in children is a common challenge faced by parents, teachers, and caregivers. Whether it’s hitting, biting, yelling, or even verbal outbursts, aggressive behaviours can be concerning and difficult to address. However, behind every aggressive action is an emotion—frustration, anger, or feeling misunderstood—that needs to be processed and managed. Helping children develop emotional intelligence (EQ) is one of the most effective ways to address aggressiveness and foster healthier ways of expressing emotions.

As parents, we play a pivotal role in shaping our children’s emotional experiences. While feelings like joy, excitement, and pride are often celebrated, emotions like shame are more difficult to navigate. However, understanding and managing shame in a healthy way is crucial for emotional well-being and growth. Shame is a powerful emotion, and if handled poorly, it can have lasting negative effects on a child’s self-esteem and sense of worth.

In today’s fast-paced, interconnected world, emotional intelligence (EQ) is more important than ever. It’s the ability to recognize, understand, and manage our own emotions, while also empathizing with others. High EQ is not just about being "nice"—it’s a skill set that helps people build meaningful relationships, collaborate effectively, and navigate life’s challenges. For children, developing emotional intelligence can be a game-changer, laying the foundation for not only strong social skills but also essential life skills that will benefit them for years to come.

Children learn more from what their parents do than from what they say. This principle is especially true when it comes to emotional intelligence (EQ). As children observe and interact with their parents, they develop the foundations for understanding, expressing, and managing their own emotions. A parent’s level of emotional intelligence can profoundly shape their child’s emotional development, influencing how they navigate relationships, handle challenges, and express themselves.

Academic success is often associated with intellect and hard work, but there’s another vital ingredient that’s often overlooked: emotional intelligence (EQ). EQ refers to the ability to recognize, understand, and manage one’s emotions, as well as empathize with others. It plays a significant role in shaping how students approach learning, handle challenges, and interact in academic settings.

In a world increasingly driven by connection, collaboration, and empathy, emotional intelligence (EQ) is no longer an optional skill—it’s a necessity. EQ encompasses the ability to understand, manage, and express emotions while recognizing and respecting the feelings of others. For children, these abilities are foundational to success not just in relationships but in academics, careers, and personal well-being.

Helping young children take emotional responsibility for their actions is one of the most meaningful lessons parents and caregivers can teach. Emotional responsibility involves recognizing one’s feelings, understanding how those feelings impact behaviour, and taking ownership of actions and their consequences. For young children, this can be challenging, but with patience and the right strategies, they can learn to navigate their emotions while developing empathy and accountability.

Biting is a common yet challenging behavior among preschool-aged children. While it can be distressing for parents, caregivers, and other children, it’s important to understand that biting is often a developmental phase. For young children who are still learning to express themselves verbally, biting can be a way of communicating frustration, seeking attention, or exploring their environment.