Hantering van groepsdruk

Groepsdruk geskied dikwels as gevolg van ons behoefte om te kan behoort of om uitsluiting te vermy. As mense voel ons ook veilig wanneer ons ‘n gesonde konneksie met die belangrikste mense in ons lewens het en kan handhaaf. Soms kan die behoefte om iewers in te pas en aanvaar te word so groot wees in ons kinders dat hulle sal besluite maak wat nie noodwendig die regte besluit vir hulle is nie.
Een van die maniere hoe ons, ons kinders kan beskerm teen groepsdruk is deur vir hulle die geleentheid te skep om te eksperimenteer met hul eie gedagtes, vermoëns en opinies tydens hul interaksie met ons as ouers.
Moedig jou kind ook aan om bewus te raak van hoe hy/sy voel rondom sy/haar vriende. Bespreek die goeie kwaliteite wat maats uit hul uitbring, wat hul laat goed voel wanneer hul by hul maats is, wat hul laat onseker voel en wat hul laat angstig voel. Moedig jou kind aan om bewus te raak van hul innerlike stem, hul instink, wat dikwels die bron is van al die kennis, wysheid en ervaring wat hul al opgebou het saam met jou as ouer. Moedig jou kind aan om braaf genoeg te wees om na hierdie innerlike stem te luister.
Ons as ouers kan hierdie innerlike stem of interne dialoog van ons kinders ontwikkel deur seker te maak dat ons altyd ‘n gesonde, liefdevolle en veilige konneksie met ons kinders behou. Hierdie konneksie skep vir ons kinders die geleentheid om te voel dat hul enigiets met ons kan deel of bespreek. Hoe meer ons, ons kinders toelaat om hul eie emosies en gevoelens in ‘n veilige spasie te ondersoek, met ons as ouers aan hul sy, hoe beter ontwikkel hul vermoë om dit ook op hul eie te kan doen.
Share Post
Complete the following form if you require more info about EQ4kids or want to enroll your child at your nearest Franchise.
Blog Enquiry








