Emosionele Intelligente Leiers Doen Hierdie 6 Dinge

‘n Emosionele intelligente persoon of leier kan sonder moeite onderskei word van iemand wat nie oor hierdie vaardigheid beskik nie. Dit is ook baie opvallend en maklik om raak te sien indien iemand nie oor genoegsame emosionele intelligensie beskik nie.
Emosionele Intelligensie is veral ‘n belangrike vaardigheid vir leiers.
Hier is 5 dinge wat emosionele intelligente leiers doen:
- Emosionele intelligente individue verstaan die belangrikheid van effektiewe kommunikasie. Dit beteken ook dat hulle nie afleidings sal maak indien iemand nie oor hierdie vaardighede beskik nie. Een van die frases wat ‘n emosionele intelligente leier gereeld van gebruik maak is die frase: “Vertel vir my meer”. Hulle sal vir ander die geleentheid gee om hulself uit te druk en seker maak dat hulle verstaan wat presies die boodskap is wat die individu aan hulle wil oordra.
- Emosionele Intelligente leiers neem unieke verwagtinge in ag. Kommunikasie kan as voorbeeld hier gebruik word. ‘n Emosionele Intelligente leier sal aan ander vra hoe hulle verkies om mee gekommunikeer te word. Indien iemand aandui dat hulle nie van foon oproepe na hul selfoon hou nie en eerder ‘n epos verkies, sal ‘n emosionele intelligente leier die nodige aanpassings maak ten einde te verseker dat hulle effektief op ‘n aanvaarbare wyse kommunikeer.
- Dit klink dalk eenvoudig om ‘n doodgewone “dankie” of “ek waardeer jou” aan iemand te sê. Dit is egter iets wat mense maklik vergeet om te doen of te sê. Emosionele intelligente leiers het die vermoë om ander te komplimenteer op hul unieke kwaliteite en om seker te maak die lede van hul span voel dat hul waardeer word.
- Emosionele Intelligente leiers sien terugvoer as iets wat van albei kante af kom. Dit is belangrik vir hierdie leiers om ook hul spanlede of ander se insette te hoor en in gedagte te hou. Emosionele Intelligente leiers soek vir geleenthede om die gedagtes en idees van ander in gesprekke in te bring.
- Emosionele Intelligente leiers vermy nie moeilike gesprekke nie. Hulle bly egter kalm, neem perspektiewe in ag en tree nie aanvallend op nie. Hulle sal met gemak die frase “ek het ‘n ander perspektief” gebruik.
- Emosionele Intelligente leiers tree empaties op. Emosionele intelligente leiers het begrip vir die uitdagings wat ander ervaar en tree empaties teenoor ander op.
Doen moeite om hierdie 5 eienskappe in jou kommunikasie styl in te werk en ontwikkel ter selfde tyd jou emosionele intelligensie
Share Post
Complete the following form if you require more info about EQ4kids or want to enroll your child at your nearest Franchise.
Blog Enquiry








